Olivier Family at Bayview, Garden Route
An early morning shoot is a gamble, there is no chance to cancel. I woke up this morning with doubts in my mind on weather (spot the pun) we were going to even see the sun rise? We arrived at the beach and there was a small opening above the horizon...just enough to allow for a spectacular sunrise!!!
Frederick was at school with me and what a pleasure to see you again and to meet your lovely family.
Meané se doop was by Oppie Plaas in Waboomskraal, `n kosbare plekkie vir haar ouers wat daar trou aan mekaar beloof het. Baie geluk Meané met hierdie baie spesiale geleentheid, jy het `n Mamma en Pappa wat besonders lief is vir jou en weet jy loop die lewenspad met God aan jou sy. Volg die link na Oppie Plaas Venue in die voet van die Outeniqua Berg.
Die "VUIL" Petherbridge gesin, in Herbertsdale
Die Petherbridge gesin is vol avonture en buitelig mense, gurige jagters, skiet vis en vars lug. dit was al lekker koel toe ons die shoot gedoen het en moes dit due in die middel van die dag doen...nie `n fotograaf se gunsteling tyd nie!
Hulle het gesorg vir n ABSOLUTE FEES van n tyd, net so bietjie ontdooi met die modder en toe gaan hulle GROOT! JC met so BOM en Jayden se cartoon move om die bad te weerstaan was onvervangbare oomblike!!!
Dankie julle, hierdie was sowaar my BESTE shoot OOIT!!!
4 Generasies bymekaar, Mosselbaai, Tuinroete
Gesondheid is besonders kosbaar en om n lang gesëende lewe met jou kinders, kleinkinder en selfs AGTERkleinkinders te mag deel is sowaar n sëening! Lizelle het by haar Ouma in Mosselbaai kom kuier en wou graag n gemaklike fotosessie met haar en ander familie deel. Hulle het roomys vir die kids gebring...en soos verwag was dit n TREFFER 07h00 in die oggend...selfs Ouma Groot het deurgeloop, maar dit terdeë geniet.
Vir nog familie shoots gaan...
Wat n voorreg om die Van Zyl Gesin in die studio te kon vasvang. Dis nog meer spesiaal as 'n fotograaf jou vra om vir hulle foto's te neem. Adel is ook n fotograaf in Mosselbaai en ek en Wian was saam op skool gewees...om terug te dink aan daai dae en te kyk na waar ons vandag is...wie sou dit ooit gedink het Wian!
Julle is gesëend met n wonderlike gesin en 2 baie spesiale manne!
Volg die link na nog van my Studio werk.
Oupa & Ouma Williams met hul kleinkinders - George woud
Die kinders het Oupa en Ouma Williams bietjie bederf met 'n fotosessie saam hulle kleinkinders. Tyd saam met mekaar en die liefde van n Ouma en Oupa is darm net iets kosbaar. Die plantasie net agter George was doodstil en ons kon net luister na die giggels van `n kind en die gesing van die voëls.
Steenkamp gesin op die strand in Danabaai
Ons het so paar jaar terug uitgemis op hulle shoot agv slegte weer, die jaar het ons prag in oorvloed ontvang!
The busy du Preez family got together, flying in from Sweden and Sandton to enjoy the holidays in the Southern Cape.
It was just after Spring Tide so we enjoyed a casual shoot at the Great Brak River Mouth and the beautiful sandstone rocks. The cloudy evening allowed for very little shadows and it complimented the beauty of the rocks.
Safe journey back...
Viola gesin op vakansie in Hartenbos, vir Leah se 1ste Verjaarsdag
Viola gesin op vakansie in Hartenbos, vir Leah se 1ste Verjaarsdag
'n Kind is seker God se kosbaarste sëening vir n paartjie, hulle word net vir ons geleen en ons moet ELKE oomblik koester en kosbaar maak! Daai glimlaggies is dierbaar en sy is net `n bondeltjie vreugde, mag sy julle lewens vir nog vele jare verryk.
Steyn Familie shoot - Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Ek het so paar jaar terug die Strauss gesin afgeneem en die jaar het hulle iets vir die hele familie gerëel. Die brawes het die oggend die Meiringspoort Marathon gaan draf en die middag het ek gehelp om ontslae te raak van die melksuur.
Die kiddies moes bontstaan vir die duwweltjies, maar hoe kan jy nie daai gesiggies wil opvreet nie!
Brent Familie - Pregnancy announcement
Die Brent gesin wou die nuus van hul nuweling iets spesiaal maak, ons kon lekker met so paar idees in die studio speel. Baie geluk met julle nuweling en mag julle lewens net nog ryker wees!
A few years back photographed the wedding of Michelle and Adriano and during their Summer Holiday in Mossel Bay I had the opportunity to do a family shoot for them in the Studio.
It was wonderful to see how your family have grown and the love and happiness is still just as visible as the day you got married.
Die Julyan gesin is kosbare mense met oop hande, gee en jy sal ontvang. Julle het 3 pragtige kiddies en ek het al soveel foto's oor die jare vir julle geneem...en elke keer is julle net meer spesiaal! Die grootste voorreg was om deur hulle huis te loop en al die GEDRUKTE foto's te sien, hulle vang soveel herinneringe vas en sal nooit oud word nie.
Sien uit om julle sommer gou weer te sien!
Die Jansen van Rensburg familie is nie net lieflike mense nie, maar ook kosbare vriende van ons. Ek het al 'n paar shoots met hulle gedoen en elke keer is dit so radikaal anders. Die keer was dit Vivienne se versoek om n Studio shoot te doen...weer spesiale oomblike vir die muur!
Ek ken Oom Tekkie al van kinder tyd af, die groot Speurder Oom en so paar jaar terug het ek die voorreg gehad om sy dogter Suné se troue af te kon neem. Die hele kroos was weer bymekaar vir die langnaweek en op Vadersdag kon ons `n paar foto's neem, voor almal weer huiswaarts keer.
Snaaks hoe dinge hulself herhaal, by Henlo en Suné se troue was daar ook seemeeue in die agtergrond...die keer het hul kiddies die voëels gaan jaag!
Dankie vir die voorreg, ons sien julle weer Desember!
Ek het Ulrich & Leana se dogtertjie se doop afgeneem, skrikwekkend hoe vinnig die tyd loop as jy eers kinders het...
Baie dankie vir die kosbare tyd saam met julle 4, ek het Iwan en Lara besonders baie geniet!!!