Oupa & Ouma Williams met hul kleinkinders – George woud
Die kinders het Oupa en Ouma Williams bietjie bederf met ‘n fotosessie saam hulle kleinkinders. Tyd saam met mekaar en die liefde van n Ouma en Oupa is darm net iets kosbaar. Die plantasie net agter George was doodstil en ons kon net luister na die giggels van `n kind en die gesing van die voëls.