‘n Spesiale Familie Fotosessie in Buffelsbaai – ‘n Huis Vol Herinneringe
As fotograaf is daar sekere sessies wat nie net werk is nie, maar ‘n eer en voorreg. Hierdie familie fotosessie in Buffelsbaai, in die Tuinroete, was een van daardie oomblikke. Die sessie het plaasgevind by die familie se strandhuis, gebou deur hul oupa en een wat groeie en ontwikkel saam met die familie en tye. Oupa Emile Scheepers was toeka se tyd my laerskool hoof en sy vrou was week na week agter die orrel by die Kerk en in die musiek klas op skool.
Deur die lens het ek nie net ‘n familie afgeneem nie, maar...
Schulze Familie op die strand in Hartenbos, soos die goue son opkom oor die see.
Daar is iets besonders aan ’n sonopkoms in Hartenbos. Die lug is stil, die see is kalm, en die hemel verander stadig van sagte pers na warm goud. Dis die perfekte agtergrond om iets net so kosbaar vas te vang...familie.
Ek het die voorreg gehad om die Schulze familie te kon afneem tydens sonsopkoms. Die hele familie was wees saam laggend en kaalvoet op die sand. Tye soos die is gevul met vreugde wat mens nie kan oorvertel nie. Dit is juis hierdie tipe sessie wat my herinner hoekom ek doen wat ek doen...om oomblikke...
The perfect sunset at Dana Bay's First Beach
This beach is a Jack of all Trades...it is a dangerous swimming beach, fantastic fishing spot, a nature lovers paradise and the most spectacular beach for Summer sunsets! The rocky shoreline makes it magical and it never disappoints on delivering the spectacular Golden Hour!
Pretorius Familie by die Outeniquabosch Studio
Wanneer die wind nie saamspeel nie en die kids bietjie olik is...wat maak jy dan? MAKLIK jy gaan shoot by die Outeniqua Creative Photographic Studio
Instagram: @outeniquas_creative_studio
Kontak Lynn: 081 800 0191 of lynn@timberer.co.za
Gaan loer na `n Portrait Shoot van Kelly, ook in die Studio hier.
Nandi en die seuns op Grootbrak
Nandi en die seuns het onlangs verhuis na die Suid Kaap van Dubai af en moes die nuwe avontuur met kosbare herinneringe afskop. Nandi is `n Sangeres gaan luister en volg haar hier:
- Instagram: @queen.nnandi
- https://instagram.com/queen.nnandi?igshid=OTk0YzhjMDVlZA==
- Facebook: https://www.facebook.com/nandscoetzee?mibextid=ZbWKwL
Dankie vir die geleentheid om dit vir julle te kon vasvang en voorspoed vir die nuwe begin!
Die Harmse Family Shoot was 'n shoot soos min, VOL energie en opwinding. Die 2 knapies was oral en hulle energie aansteeklik. Die Grootbrak rivier mond was plat en wyd en terwyl ek met die refleksies en n finominale sononder speel kom `n frats golf, geen probleem ons waarsku almal maar die 2 ratse knapies is weg voor ons kan skree SKêR! Hulle hardoop oor die vlakwater en toe hulle hul oë uitvee trap hulle in die sloep voor die sandbank en hulle is nat tot onder hulle kieliebakke! LET WEL dit is skaars 20min in die shoot in...nou wat nou, no worries ons jaag hulle oor die vlakwater om die voëls...
Ons was na die George plantasies vir 'n laat middag gesin shoot. Daai poppie met haar skaam gesiggie het GOU uit haar dop geklim na ons haar soft spot gekry het...maar dit bly n STAATSGEHEIM!
Dankie vir julle tyd en die lieflike shoot!
The Nortjé family is one with many talents, Frans is South African and Sophia is German, they talented kids are not bilingual...little as they are, they not only speak but understand German, English AND Afrikaans!
The busy bees live close to the beach and their time spent in South Africa during the Covid19 Lockdown, was a pleasant one, with space and magical views!
You are a lovely family and may your journey and adventures be blessed.
Ek was saam met Wian op skool en sy vrou Adele is ook `n fotograaf, wat `n voorreg om vir julle die shoot te kon doen.Geniet elke oomblik met jul woelige manne, dis dalk uitputtend nou, maar tyd stap gou aan en een van die dae vlieg hulle uit die nes!
Mag julle `n gesëende jaar geniet!
When you are from Colesberg as visit to the sea is unforgettable and the time spent with your family and young one is memories that you will never leave behind. Monja went the extra mile with their colour scheme and that red dress was the best choice!
Thank you for all the effort, I am sure you will agree that even though the wind was PUMPING the evening the moments is breathtaking.
Grobler Gesin...met `n TWIST!
Met `n gekonkel het Erica en haar man gehelp met die verlowing van Elrika en Jaco. Die dames van Fancy Functions op Mosselbaai het gesorg vir die mooimaak goed en ons het aangegaan met die Familie Shoot asof niks aan die gang is nie. Jaco moes om die rotse gaan kyk of daar mense is en kon vir haar op sy knie inwag.
Dankie vir die voorreg om te kon deel in die oomblik!
Die de Wet familie kom in Worcester bymekaar
Dis nie aldag dat die Oupa en Ouma hulle kuiekens onder een dak het nie. Martin en Tarien woon in Worcester, Jaco & Mari-Louise in Bethlehem en Oupa en Ouma in Senekal, so wanneer almal bymekaarkom is Oupa en Ouma in hulle noppies.
Die weer het ons nie veel van `n opening gegee nie, maar toe hy ons die oomblik gee het ons hom met albei hande gegryp!
Erasmus Gesin geniet die Sonopkoms in Hartenbos
Daar is niks lekkerder as `n vakansie by die see nie, al was hy so bietjie kortgeknip deur Covid 19 kon ons nogsteeds so paar memories vasvang!
Ons is dankbaar julle is veilig en dankie vir die vroeg opstaan.
Du Preez Gesin op die strand in Danabaai
Die Du Preez gesin het in die Tuinroete kom kuier, ons het op Danabaai se strand besluit vir die foto's en sommer oppad af al gestop om die natuurskoon te bewonder. Oppad strand toe was daar die mooiste Bosbok ram en soos ons na die strand aangekom het n skouspel deur n ENORME skool dolfyne.
Dankie vir al julle sports!
Botes Gesin kom troue toe, Gourikwa, Gouritz, Tuinroete
Die Botes gesin het in Gouritz kom kuier vir sy broer se troue. Dit was sommer `n ideale tyd vir hulle om vroeg oggend familie foto's te neem by die see.
Dankie vir julle tyd en al die glimlagte!
Erasmus familie, die Punt, Mosselbaai
Desember is VAKANSIE TYD...SEE TYD FAMILIE TYD!!!! My Pa en Oom Pieter het jare saam gewerk en hoe groot voorreg was dit darm nie om die shoot vir hulle te kon doen!
The girls came from around the globe to visit and get together with their parents & families. They could not get the gents and kids to join, but the most important was time with their parents and that is what they got.
I truly believe that you will cherish the time together and the memories made.