Grobler Gesin...met `n TWIST!
Met `n gekonkel het Erica en haar man gehelp met die verlowing van Elrika en Jaco. Die dames van Fancy Functions op Mosselbaai het gesorg vir die mooimaak goed en ons het aangegaan met die Familie Shoot asof niks aan die gang is nie. Jaco moes om die rotse gaan kyk of daar mense is en kon vir haar op sy knie inwag.
Dankie vir die voorreg om te kon deel in die oomblik!
Die de Wet familie kom in Worcester bymekaar
Dis nie aldag dat die Oupa en Ouma hulle kuiekens onder een dak het nie. Martin en Tarien woon in Worcester, Jaco & Mari-Louise in Bethlehem en Oupa en Ouma in Senekal, so wanneer almal bymekaarkom is Oupa en Ouma in hulle noppies.
Die weer het ons nie veel van `n opening gegee nie, maar toe hy ons die oomblik gee het ons hom met albei hande gegryp!
Erasmus Gesin geniet die Sonopkoms in Hartenbos
Daar is niks lekkerder as `n vakansie by die see nie, al was hy so bietjie kortgeknip deur Covid 19 kon ons nogsteeds so paar memories vasvang!
Ons is dankbaar julle is veilig en dankie vir die vroeg opstaan.
Du Preez Gesin op die strand in Danabaai
Die Du Preez gesin het in die Tuinroete kom kuier, ons het op Danabaai se strand besluit vir die foto's en sommer oppad af al gestop om die natuurskoon te bewonder. Oppad strand toe was daar die mooiste Bosbok ram en soos ons na die strand aangekom het n skouspel deur n ENORME skool dolfyne.
Dankie vir al julle sports!
Botes Gesin kom troue toe, Gourikwa, Gouritz, Tuinroete
Die Botes gesin het in Gouritz kom kuier vir sy broer se troue. Dit was sommer `n ideale tyd vir hulle om vroeg oggend familie foto's te neem by die see.
Dankie vir julle tyd en al die glimlagte!
Erasmus familie, die Punt, Mosselbaai
Desember is VAKANSIE TYD...SEE TYD FAMILIE TYD!!!! My Pa en Oom Pieter het jare saam gewerk en hoe groot voorreg was dit darm nie om die shoot vir hulle te kon doen!
The girls came from around the globe to visit and get together with their parents & families. They could not get the gents and kids to join, but the most important was time with their parents and that is what they got.
I truly believe that you will cherish the time together and the memories made.
Olivier Family at Bayview, Garden Route
An early morning shoot is a gamble, there is no chance to cancel. I woke up this morning with doubts in my mind on weather (spot the pun) we were going to even see the sun rise? We arrived at the beach and there was a small opening above the horizon...just enough to allow for a spectacular sunrise!!!
Frederick was at school with me and what a pleasure to see you again and to meet your lovely family.
Meané se doop was by Oppie Plaas in Waboomskraal, `n kosbare plekkie vir haar ouers wat daar trou aan mekaar beloof het. Baie geluk Meané met hierdie baie spesiale geleentheid, jy het `n Mamma en Pappa wat besonders lief is vir jou en weet jy loop die lewenspad met God aan jou sy. Volg die link na Oppie Plaas Venue in die voet van die Outeniqua Berg.
Die "VUIL" Petherbridge gesin, in Herbertsdale
Die Petherbridge gesin is vol avonture en buitelig mense, gurige jagters, skiet vis en vars lug. dit was al lekker koel toe ons die shoot gedoen het en moes dit due in die middel van die dag doen...nie `n fotograaf se gunsteling tyd nie!
Hulle het gesorg vir n ABSOLUTE FEES van n tyd, net so bietjie ontdooi met die modder en toe gaan hulle GROOT! JC met so BOM en Jayden se cartoon move om die bad te weerstaan was onvervangbare oomblike!!!
Dankie julle, hierdie was sowaar my BESTE shoot OOIT!!!
4 Generasies bymekaar, Mosselbaai, Tuinroete
Gesondheid is besonders kosbaar en om n lang gesëende lewe met jou kinders, kleinkinder en selfs AGTERkleinkinders te mag deel is sowaar n sëening! Lizelle het by haar Ouma in Mosselbaai kom kuier en wou graag n gemaklike fotosessie met haar en ander familie deel. Hulle het roomys vir die kids gebring...en soos verwag was dit n TREFFER 07h00 in die oggend...selfs Ouma Groot het deurgeloop, maar dit terdeë geniet.
Vir nog familie shoots gaan...
Wat n voorreg om die Van Zyl Gesin in die studio te kon vasvang. Dis nog meer spesiaal as 'n fotograaf jou vra om vir hulle foto's te neem. Adel is ook n fotograaf in Mosselbaai en ek en Wian was saam op skool gewees...om terug te dink aan daai dae en te kyk na waar ons vandag is...wie sou dit ooit gedink het Wian!
Julle is gesëend met n wonderlike gesin en 2 baie spesiale manne!
Volg die link na nog van my Studio werk.
Oupa & Ouma Williams met hul kleinkinders - George woud
Die kinders het Oupa en Ouma Williams bietjie bederf met 'n fotosessie saam hulle kleinkinders. Tyd saam met mekaar en die liefde van n Ouma en Oupa is darm net iets kosbaar. Die plantasie net agter George was doodstil en ons kon net luister na die giggels van `n kind en die gesing van die voëls.
Steenkamp gesin op die strand in Danabaai
Ons het so paar jaar terug uitgemis op hulle shoot agv slegte weer, die jaar het ons prag in oorvloed ontvang!
The busy du Preez family got together, flying in from Sweden and Sandton to enjoy the holidays in the Southern Cape.
It was just after Spring Tide so we enjoyed a casual shoot at the Great Brak River Mouth and the beautiful sandstone rocks. The cloudy evening allowed for very little shadows and it complimented the beauty of the rocks.
Safe journey back...
Viola gesin op vakansie in Hartenbos, vir Leah se 1ste Verjaarsdag
Viola gesin op vakansie in Hartenbos, vir Leah se 1ste Verjaarsdag
'n Kind is seker God se kosbaarste sëening vir n paartjie, hulle word net vir ons geleen en ons moet ELKE oomblik koester en kosbaar maak! Daai glimlaggies is dierbaar en sy is net `n bondeltjie vreugde, mag sy julle lewens vir nog vele jare verryk.
Steyn Familie shoot - Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Ek het so paar jaar terug die Strauss gesin afgeneem en die jaar het hulle iets vir die hele familie gerëel. Die brawes het die oggend die Meiringspoort Marathon gaan draf en die middag het ek gehelp om ontslae te raak van die melksuur.
Die kiddies moes bontstaan vir die duwweltjies, maar hoe kan jy nie daai gesiggies wil opvreet nie!
Brent Familie - Pregnancy announcement
Die Brent gesin wou die nuus van hul nuweling iets spesiaal maak, ons kon lekker met so paar idees in die studio speel. Baie geluk met julle nuweling en mag julle lewens net nog ryker wees!