Ek ken Oom Tekkie al van kinder tyd af, die groot Speurder Oom en so paar jaar terug het ek die voorreg gehad om sy dogter Suné se troue af te kon neem. Die hele kroos was weer bymekaar vir die langnaweek en op Vadersdag kon ons `n paar foto’s neem, voor almal weer huiswaarts keer.
Snaaks hoe dinge hulself herhaal, by Henlo en Suné se troue was daar ook seemeeue in die agtergrond…die keer het hul kiddies die voëels gaan jaag!
Dankie vir die voorreg, ons sien julle weer Desember!