Ons was na die George plantasies vir 'n laat middag gesin shoot. Daai poppie met haar skaam gesiggie het GOU uit haar dop geklim na ons haar soft spot gekry het...maar dit bly n STAATSGEHEIM!
Dankie vir julle tyd en die lieflike shoot!
“Die liefde is geduldig, die liefde isvriendelik; dit is nie afgunstig nie, is niegrootpraterig nie, is nie verwaand nie.Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek niesy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hounie boek van die kwaad nie.Dit verbly hom nie oor onreg nie, maarverheug hom oor die waarheid.Dit bedek alles, glo alles, hoop alles,verdra alles.”
1 Korinthiërs 14: 4 — 7
Wat `n FINOMINALE COUPLE SHOOT!!! Madele en Wihan was soos twee gesoute modelle voor die kamera. Baie dankie vir die lekker lag en plesier, ek het letterlik elke oomblik van die shoot geniet!
Dis sommer een van die dae julle troudag en ek kan nie wag om te sien wat ons daar gaan vasvang nie!
Hardus & Danielle se troudag by Gourits Valley, Tuinroete
Almal wil graag hê hulle troue moet n groot patytjie wees...Hardus en Danielle het dit beslis reggekry! Van vroeg tot LAAT kan ek regtig sê daar was geen oomblik sonder n glimlag en groot vreugde. Die dag was gevul met verrassings en unieke items wat gesorg het vir die opwinding, die BMW met sy sidecar, Danielle se flambojante rok, die "KOEKTAFEL", hul brakkie wat die ringe ingebring het, n GROOT PARTY wat selfs nie eens gedemp kon word deur die kragonderbreuking nie!
Dankie vir die voorreg om te kon deel in julle dag en dat julle...
Smash the cake photo shoot in George
Ek het die voorreg om al `n lang pad met Hendrik en Maritza, van hulle troue, deur Swangerskap, verjaarsdae en New Born Shoots. Hulle is nie net kliente maar ook al GOEIE VRIENDE!
Phillip en Anneline se Maternity Shoot, George
Dit is seker die grootste voorreg wat 2 mense mag ontvang...'n nuwe lewe! Om jou sielsmaat te ontmoet en jou lewe met hom/haar te deel is wonderlik, om saam met die persoon die pad van `n nuwe lewe te stap is net onbeskryflik!
Ouerskap is net soos jou huwelik VOL Ups & Downs, maar wanneer daai gesiggie vir jou sy eerste glimlag uitdruk of daardie laaste drukkie voor sy skool in die oggend...dan is al die slegte skoon vergete!
Mag Lisa vir julle laat bondstaan, maar ook vir julle elke dag uit jul harte laat lag!
Volg die link om te gaan...
Oupa & Ouma Williams met hul kleinkinders - George woud
Die kinders het Oupa en Ouma Williams bietjie bederf met 'n fotosessie saam hulle kleinkinders. Tyd saam met mekaar en die liefde van n Ouma en Oupa is darm net iets kosbaar. Die plantasie net agter George was doodstil en ons kon net luister na die giggels van `n kind en die gesing van die voëls.
Een van die dae is dit Marius & Demi se groot dag by Kleingeluk net buite Hartenbos. Ons het die Couple Shoot so tussen `n gesels deur gedoen en die mooiste lig deur die bome gekry.
Voorspoed vir die laaste rëelings en ek sien uit na julle groot dag.
Marius & Clarise Prinsloo - Leeukloof Lapa
Leeukloof Lapa het vroëer die jaar deurgeloop deur brande in die omgewing. Baie van die Bloekom bome het gebrand en die grond was skoon, vandag was die aarde bedek in die mooiste tuin van varings en orals is die vooruitsig van nuwe lewe sigbaar. Hoe pragtig is dit nie om te mag deel in Marius & Clarise se Beloftes van `n nuwe begin saam.
Mag julle mekaar verryk en `n vreugdevolle toekoms saam ingaan.
Ewan & Bianca se Couple shoot in die Saasveld woude, George
Die pad deur Saasveld, van George na Wildernis is seker van die mooiste paaie in die Tuinroete. Die pad word huidiglik herstel/oorgedoen en kan nie wag weer n shoot daar te kan gaan doen. Ek moes saam met Ewan & Bianca bietjie rondry en gelukkig is daar nie n tekort aan "hidden jems" waar ons kan foto's neem!
Melia Botha - Maternity Shoot - Mosselbaai
Dit was die grootste voorreg om weer vir Marius en Melissa voor die lens te kon sien. Met hulle troue het ons gespot oor kiddies en hulle 2 het sowaar nie gras onder hul voete laat groei nie. Die lig was absoluut perfek vir die shoot tussen die ou Denne bome. Ons het sommer die oomblike so tussen `n lieflike geselsie deur vasgevang. Daar is darm niks wat ek meer geniet as `n ontspanne couple wat hulself net kan uitleef!