Marius & Clarise Prinsloo - Leeukloof Lapa
Leeukloof Lapa het vroëer die jaar deurgeloop deur brande in die omgewing. Baie van die Bloekom bome het gebrand en die grond was skoon, vandag was die aarde bedek in die mooiste tuin van varings en orals is die vooruitsig van nuwe lewe sigbaar. Hoe pragtig is dit nie om te mag deel in Marius & Clarise se Beloftes van `n nuwe begin saam.
Mag julle mekaar verryk en `n vreugdevolle toekoms saam ingaan.