Dit was die grootste voorreg om weer vir Marius en Melissa voor die lens te kon sien. Met hulle troue het ons gespot oor kiddies en hulle 2 het sowaar nie gras onder hul voete laat groei nie. Die lig was absoluut perfek vir die shoot tussen die ou Denne bome. Ons het sommer die oomblike so tussen `n lieflike geselsie deur vasgevang. Daar is darm niks wat ek meer geniet as `n ontspanne couple wat hulself net kan uitleef!