Wiets en Debra groet binne kort vir Cara - Maternity Shoot in Waboomskraal
So paar jaar terug het ek die voorreg gehad om Wiets en Debra se troue te kon afneem en nou is hulle reg vir nog `n nuwe fase. Ek sien ook vir jare die bloeisels en wil elke jaar daar gaan shoot, maar stel dan net weer uit, die jaar het ek die oomblik met ope arms aangevat!!!
Bloem Maternity Shoot, Bayview
Upington is wyd van die see af...maar as jy vinnig wegbreek see toe dan is dit mos die perfekte geleentheid vir `n Maternity Shoot!!!
Voorspoed vir daai nuweling.
Chris & Michelle Maternity Shoot, Grootbrak, Tuinroete
Hierdie shoot...shoots was die hoogtepunt van 2019 vir my! Christo en Michelle kom van Centurion, hulle het in 2014 op die strand in Grootbrak, kom trou. Dit was wonderlik om die nuus te kry dat hulle pienk voetjies oppad is en toe nog meer dat hulle graag sal wil hê dat ek vir hulle `n Maternity shoot moet doen. Ons het laat middag op Grootbrak die foto's geneem...maar ek kon nie genoeg kry nie en gevra of hulle kans sien om die volgende oggend NOG te neem. Alles was net so perfek!
Michelle het soveel moeite ingesit vir die shoot,...
Phillip en Anneline se Maternity Shoot, George
Dit is seker die grootste voorreg wat 2 mense mag ontvang...'n nuwe lewe! Om jou sielsmaat te ontmoet en jou lewe met hom/haar te deel is wonderlik, om saam met die persoon die pad van `n nuwe lewe te stap is net onbeskryflik!
Ouerskap is net soos jou huwelik VOL Ups & Downs, maar wanneer daai gesiggie vir jou sy eerste glimlag uitdruk of daardie laaste drukkie voor sy skool in die oggend...dan is al die slegte skoon vergete!
Mag Lisa vir julle laat bondstaan, maar ook vir julle elke dag uit jul harte laat lag!
Volg die link om te gaan...
Melia Botha - Maternity Shoot - Mosselbaai
Dit was die grootste voorreg om weer vir Marius en Melissa voor die lens te kon sien. Met hulle troue het ons gespot oor kiddies en hulle 2 het sowaar nie gras onder hul voete laat groei nie. Die lig was absoluut perfek vir die shoot tussen die ou Denne bome. Ons het sommer die oomblike so tussen `n lieflike geselsie deur vasgevang. Daar is darm niks wat ek meer geniet as `n ontspanne couple wat hulself net kan uitleef!
HW Maternity Photoshoot - Die Punt, Mosselbaai
Die Schwartz gesin was op vakansie in Mosselbaai...hulle was nie net braaf om al die pad van Gauteng te ry terwyl Natasha 8maande swanger is nie, sy het toe ook sommer besluit om hulle vakansie te verleng, HW is by die see gebore en daar pak hulle die pad huistoe aan! Ek haal my hoed vir julle af hoor!
Baie welkom HW!!!
Brent Familie - Pregnancy announcement
Die Brent gesin wou die nuus van hul nuweling iets spesiaal maak, ons kon lekker met so paar idees in die studio speel. Baie geluk met julle nuweling en mag julle lewens net nog ryker wees!
Maternity Shoot van Henru - Vleeisbaai
Hendrik en Maritsa "aka Lysie Meisie" het die keer `n kort lysie gehad, maar 'n PRAGTIGE tema. Die hele Wes Kaap lei al aan 'n onvergeeflike droogte so die velde was dalk dor en vertrap, maar die diere moet eet en te dankie daaraan kon ons al die skape mooi om hulle twee kry. Dankie vir 'n baie spesiale fotosessie!
So paar jaar terug het ek vir klein Lana afgeneem en vandag het ek die voorreg gehad om vir Thinus & Marita hulle Maternity Shoot te kon doen. Voorspoed vir die laaste paar weke, ek kan my nie voorstel hoe opgewonde julle is oor daai klein mannetjie se aankoms!