Hierdie shoot…shoots was die hoogtepunt van 2019 vir my! Christo en Michelle kom van Centurion, hulle het in 2014 op die strand in Grootbrak, kom trou. Dit was wonderlik om die nuus te kry dat hulle pienk voetjies oppad is en toe nog meer dat hulle graag sal wil hê dat ek vir hulle `n Maternity shoot moet doen. Ons het laat middag op Grootbrak die foto’s geneem…maar ek kon nie genoeg kry nie en gevra of hulle kans sien om die volgende oggend NOG te neem. Alles was net so perfek!
Michelle het soveel moeite ingesit vir die shoot, hulle het `n spesiale rok saamgebring van Centurion en dit het die wêreld se verskil gemaak…DANKIE!
Dankie vir julle gedult met my, dit was ASEMROWEND!!!