Wat `n voorreg om Caro en André se spesiale dag te kon vasvang. Twee mense wie se pad gekruis het op die regte tyd en op die regte plek en die pot se deksel pas beter as wat mens ooit sal kon glo. Julle pas pragtig saam en mag julle pad saam gesaai word met voorspoed en vreugde!
Venue: Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Fotograaf: Steve D'Elboux Photography
Stephani & Mathee het voor Covid oorsee gewerk en Post Covid is hulle terug op Oudtshoorn. Met die vroëe curfew beperkings moes ons hulle Couple Shoot al om 11h00 inpas...Oudtshoorn in vol son en minimale wolke is meeste fotograwe se nagmerrie! Ek was bevoorreg met `n couple en hulle gevolg wat elke oombik van die shoot geniet het...ek moet erken ek het OOK! Ek hoop die vreugde is sigbaar in die foto's!
Alles wat mooi is vir julle huwelik saam en die journey wat vir julle 2 voorlê.
Steyn Familie shoot - Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Ek het so paar jaar terug die Strauss gesin afgeneem en die jaar het hulle iets vir die hele familie gerëel. Die brawes het die oggend die Meiringspoort Marathon gaan draf en die middag het ek gehelp om ontslae te raak van die melksuur.
Die kiddies moes bontstaan vir die duwweltjies, maar hoe kan jy nie daai gesiggies wil opvreet nie!