Ons moes gou draf vir so paar foto’s met Yumar en Lounette voor die son agter die koppies verdwyn. Die sonstrale het gesorg vir pragtige rim lighing en ons het beslis die temeratuur voel val na die strale weg is! Hier is nou vir jou n rustige paartjie wat hulle troue ten volle gaan geniet! Dit was my eerste indruk van Lounette en Yumar, hulle vat dinge rustig met hulle troue se rëelings, niks oordoen, niks is n effort nie…hulle vat dinge net soos dit kom.
Ons het die sononder net net gevang, maar hulle was uitstekend. Ek sien baie uit na julle groot dag en my eerste troue by die nuwe venue Outeniquabosch Lodge, net buite Brandwaght.