• Home
  • Portfolio Gallery
    • Weddings
    • Family Shoot
    • Architecture & Guest Houses
    • Couple Shoots
    • Engagements
    • Maternity Shoot
    • Product Photography
    • Portraits & Models
    • Matric Farewell
    • Parties
    • Friends Shoot
    • Food Photography
    • Smash the Cake
    • Studio Shoot
  • About Pix by Steve
  • Wedding Venue’s
    • Surval Boutique Olive Estate
    • Kleingeluk
    • Gouritz Valley
    • The Plantation
    • The Views, Wilderness
    • De Vette Mossel
    • Bygracealone
    • Herolds Bay Eco Resort
    • Imperfect Perfection
    • Equinox
    • Blomfontein
  • The Blog
  • Contact Us


Scheepers familie, ‘n spesiale Familie fotosessie in Buffelsbaai

 Posted on July 16, 2025      by pixbysteve
 0

‘n Spesiale Familie Fotosessie in Buffelsbaai – ‘n Huis Vol Herinneringe

As fotograaf is daar sekere sessies wat nie net werk is nie, maar ‘n eer en voorreg. Hierdie familie fotosessie in Buffelsbaai, in die Tuinroete, was een van daardie oomblikke. Die sessie het plaasgevind by die familie se strandhuis, gebou deur hul oupa en een wat groeie en ontwikkel saam met die familie en tye. Oupa Emile Scheepers was toeka se tyd my laerskool hoof en sy vrou was week na week agter die orrel by die Kerk en in die musiek klas op skool.

Deur die lens het ek nie net ‘n familie afgeneem nie, maar ‘n storie van generasies vasgevang. Oupa Emile en al sy kinders en kleinkinders weer almal onder een dak, met elke gesin omtrent in `n ander kontitnent is dit ‘n seldsame geleentheid.

Buffelsbaai het ‘n unieke rustigheid en die sononder aan die “Wildside” is die perfekte agtergrond vir die warmte en liefde tussen hierdie mense. Die huis self, met sy houtbalke en bekende gesiggies op die stoep, vertel ‘n storie van wortels, herinneringe en verbondenheid.

Om hierdie oomblikke vas te vang, die uitspattige idees, die wilde kleinkinders en die sagte kykies tussen familie, ek wil opreg dankie sê vir die ware voorreg om in die dag te kon deel. In ‘n wêreld wat so vinnig beweeg, is dit kosbaar om ‘n oomblik van saamwees te bewaar.

Dankie aan die Scheepers-familie vir julle vertroue. Dit was ‘n besondere ervaring om hierdie waardevolle herinneringe vir julle te kon vaslê.




© Copyright 2026 Pix by Steve Photography