Hierdie was `n troue waarna ek lank uitgesien het, die weervoorspelling het ek die hele week dopgehou en dit het voorspel dat daar `n koue front die kus sal tref sodra Debra die Kapel instap. `n Uur voor die diens begin het ek vir haar gesê dat ons dalk die onweer mag vryspring, maar ongelukkig was die voorspelling so perfek dat die wind opgekom het en sy is met ‘n sambreel Kapel toe.
So kort detail…die dames drink `n glasie champs en offer vir my ook, ek drink nie terwyl ek werk nie en kry n glas vir water…oppad kombuis toe is daar ‘n sap houer met water, tyd is min en daar is nie tyd vir rondstaan nie…so ek maak hom vol en down die glas. Man, mense is darm fancy by troues, selfs die water is flavoured. Ek gaan terug na die bruid en die geur pla my vreeslik, ek kan net nie my vinger op dit sit nie. So paar oomblike later slaan dit my soos `n pap snoek…DIE PROTEA HANDRUIKER WAS IN DIE HOUER! Lekker man, “Flower flavoured” water!
Wiets is nie `n man van baie woorde nie, maar een ding waarvan hy BESONDERS baie het is liefde vir Debra. Jy kon dit sien toe sy by die kapel inloop. Tens spyte van die wind wat iets vreeslik gewaai het en nie veel areas wat beskut is teen die wind kon ons ‘n lieflike Couple Shoot aflê. Debra was die ene hoendervleis maar het nie vir n oomblik gekla oor die koue nie. Dankie vir die vasbt en deurdruk!
Mag julle `n gesëende pad saam loop.
Gaan loer hier na hulle Couple Shoot.