Posted on July 9, 2025
by pixbysteve
0 Weggesteek in die hartjie van Heroldsbaai staan ’n klein kapel, die perfekte plek vir ’n intieme troue, so besonders soos dié van Retief en Lucinda.
Dit was ’n dag gevul met warmte, emosie en familie. Die intieme atmosfeer het elke oomblik kosbaar gemaak en die liefde tussen die bruidspaar was duidelik in elke glimlag en traan.
Retief was so effens uit sy gemaksone, maar hy het homself oortref! Sy rustige teenwoordigheid en opregte emosie was wel duidelik sigbaar. Lucinda het uitgeblink, sy was stylvol en kalm, met ’n natuurlike skoonheid wat perfek afgerond is deur die talentvolle Wilma Alpass, haar final touches haar net nog meer laat uitstaan.
Na die seremonie het die familie en naaste vriende bymekaargekom by Dutton’s Cove Restaurant, vir ’n informele aandete met ongelooflike uitsigte oor die see. Die atmosfeer was ontspanne en warm – presies soos die res van die dag. Goeie kos, geselligheid en memories wat die perfekte afsluiting gebring het vir Retief en Lucinda se intieme feesviering.
Die plek, die mense en die liefde het saamgesmelt in ’n dag wat niemand vinnig sal vergeet nie. Dankie, Retief en Lucinda, dat ek hierdie spesiale oomblikke vir julle kon vasvang, dit was ’n voorreg.
Verskaffers:

































