Posted on May 4, 2025
by pixbysteve
0 As ’n troufotograaf in Plettenbergbaai, is daar sekere troues wat ’n mens net nooit vergeet nie en Matthias & Jeanne-Louise se dag was onvergeetlik. Dit was alles wat ’n huweliksfees behoort te wees vol emosie, liefde, naby vriende en die tipe romanse wat mens se asem wegslaan.
Die keuse van Lairds Lodge Country Estate net buite Plettenbergbaai was absoluut fyn en stylvol. Hierdie eksklusiewe trou venue aan die Tuinroete bied ’n perfekte balans tussen elegansie, rustigheid en natuurlike skoonheid. Elke hoek van die venue is gevul met weelderige tuine tot die klassieke argitektuur en het die perfekte agtergrond geskep vir die liefdesverhaal wat hul troudag was.
As fotograaf was dit ‘n droomdag, nie net oor die pragtige venue nie, maar omdat Matthias en Jeanne-Louise so oop en eg was. Daar was trane van geluk, opregte lag, innige omhelsings en het die intieme bande tussen hulle en hul vriende getoon.
Ek het die voorreg gehad om hul storie visueel vas te vang – van die voorbereidings in die oggend, die stil oomblikke tussen die seremonie en onthaal en natuurlik die vreugde later die aand.
Aan Matthias en Jeanne-Louise baie baie dankie vir die voorreg om deel te kon wees van julle groot dag en om die begin van julle lewensavontuur saam vas te vang. Julle liefde is iets besonders, en ek wens julle alles van die mooiste toe vir die pad vorentoe.
Chapel: Hunter’s Country House
Venue: Lairds Lodge Country Estate
Art by Artisan Events – Hannah Whitehead: 076 2985051
Flowers: My Cottage Life Florist
Video: Ember Heart Films
Make-up: Jacqueline Grobler (friend)
Cake: Salt and Petall Cakes
Musician: Handri Loots (flute), Hilton Anspach (piano) en Jessica Bailey (cello)
Gaan loer ook na hulle Couple Shoot.





























































