Jeanne-Louise & Matthias kom kuier in Mosselbaai
Ek het begin agterkom dat deel van my werk is om mense op te som (vanuit `n goeie lig). Ek moet vinnig kan aflei of die persoon `n introvert is, moet ek hoe energie of rustig met hulle werk, geduldig of grapperig. Deel van die pakkie verloop raai raai en ander tye kort ek bietjie inside info, “So watse werk doen jy?” “Waar werk jy?” “Hoe oud is jy dan? Haai nee jy kan nie so jonk wees nie???” Die doel is nie om skindernuus te soek nie, maar om die persone reg te benader en dan vir hulle `n ervaring te gee wat hulle onvergeetlik mag ervaar! Iets vir hulle te mag oplewer wat hulle nie gedink het is moontlik nie en `n oomblik/memory wat hulle kan saam op die pad, iets om te kan koester elke keer as hulle dit sien teen die muur.
Jeanne-Louise & Matthias was een van daai unieke geleenthede waar hulle my elke keer onkant gevang het! Dankie vir die tyd wat julle vanaand met my (en my assistent Anthony) kon deel en ek sien besonders baie uit na julle groot dag, sommer OM DIE DRAAI!!!!
Gaan loer ook na hulle intieme Troudag by Lairds Lodge Country Estate, Plettenbergbaai





























