As troufotograaf is daar iets besonders aan kleiner, intieme troues – veral in die wêreld ná Covid. Dit is daardie stil, betekenisvolle oomblikke tussen geliefdes, vriende en familie wat regtig saak maak. Charné en Dehan se troue in Jongensfontein was presies dit: eenvoudig, opreg en propvol liefde.
Met slegs ‘n paar naaste familie en vriende, het hulle hul geloftes gedeel teen die agtergrond van die pragtige kuslyn van Jongensfontein, een van die mees asemrowende plekke in die Suid-Kaap. Die dag was sonder fieterjasies, maar met soveel gevoel. Elke lag, traan en samesyn het reguit na die hart gegaan.
Venue: Eden Park, Jongensfontein
Make-up & hare: Femme Fit and Beauty in Stilbaai





































