Die Harmse Family Shoot was ‘n shoot soos min, VOL energie en opwinding. Die 2 knapies was oral en hulle energie aansteeklik. Die Grootbrak rivier mond was plat en wyd en terwyl ek met die refleksies en n finominale sononder speel kom `n frats golf, geen probleem ons waarsku almal maar die 2 ratse knapies is weg voor ons kan skree SKêR! Hulle hardoop oor die vlakwater en toe hulle hul oë uitvee trap hulle in die sloep voor die sandbank en hulle is nat tot onder hulle kieliebakke! LET WEL dit is skaars 20min in die shoot in…nou wat nou, no worries ons jaag hulle oor die vlakwater om die voëls te gaan jaag en dis die einde van die bekommernis!
Baie dankie vir die fantastiese tyd en koester die tyd, voor julle jul oë uitvee is hulle in die Hoërskool!





















