Ons droom troue, Wiets & Debra se troudag by Gourikwa in Gouritz
Hierdie was `n troue waarna ek lank uitgesien het, die weervoorspelling het ek die hele week dopgehou en dit het voorspel dat daar `n koue front die kus sal tref sodra Debra die Kapel instap. `n Uur voor die diens begin het ek vir haar gesê dat ons dalk die onweer mag vryspring, maar ongelukkig was die voorspelling so perfek dat die wind opgekom het en sy is met 'n sambreel Kapel toe.
So kort detail...die dames drink `n glasie champs en offer vir my ook, ek drink nie terwyl ek werk nie en kry n glas vir water...oppad kombuis...