Ons goeie vriende Thinus & Marita het nog `n klein lyfie ryker geword! Die klein knaap gaan nog lekker saam met sy pa, Crossfit, fietsry en BRAAI…maar eers gaan hy hom nog sommer baaaie wakker hou deur die nag.
Mag hy julle nog jare lank sëen met liefde en vreugde, met ouers wat so lief is vir hulle kind kan hy nie anders as om `n besonderse seun te wees nie!