Die Engelbrecht gesin woon in Namibia en Louise se ouers woon op Witsand, hulle het altyd op Hartenbos kom vakansie hou en wou graag so dit met haar gisin ook kom deel.
‘In true South Cape fashion’ het ons weer een van daai 4 seisoene in een dag dae gehad, vroeg oggend het ek die shoot bevestig en Louise was bekommerd oor die rëenweer. Ek was vol vertroue dat die weer sal opklaar en sowaar was ons gesëen met die lieflikste sonondergang en `n windstil herfs aand.
Dankie vir julle gedult en soos ek by die shoot genoem het is julle sowaar `n besonders gesëende familie!