Wat `n FINOMINALE COUPLE SHOOT!!! Madele en Wihan was soos twee gesoute modelle voor die kamera. Baie dankie vir die lekker lag en plesier, ek het letterlik elke oomblik van die shoot geniet!
Dis sommer een van die dae julle troudag en ek kan nie wag om te sien wat ons daar gaan vasvang nie!
Willie & Carminda op Grootbrak, Tuinroete en om dit te verbeter die mooiste sonondergang as agtergrond! Die shoot was uitdagend met `n dronk bestuurder wat in my vasry in die parkering tot my Flash Trigger wat nie een keer nie, maar TWEE KEER verloor het en SUPER WILLIE wat hom TWEE keer raakgesien het! Jy is my HERO Willie, baie baie dankie! Dankie ook vir julle gedult met die warboel.
Ek hoop julle het die res van julle wegbreek vreeslik baie geniet.
Anell & Johan came to the Garden Route just after their engagement and I had the opportunity to capture the excitement for them. Congratulations on the big step and may the rest of your journey together be filled with TONS of laughter and blessing.
Chantelle & Crynouw moes ook ma so bietjie watertrap na Covid...maar planne is goed op dreef en 2021 gaan hulle jaar wees! Hulle is 04h00 op en vroeg uit Waboomskraal vir die shoot op Kleinbrak soos die son sy strale met ons begin deel het. Dankie vir julle
Dankie vir julle opoffering en ek sien besonders baie uit daarna om te kan deel in julle groot dag!
Hardus & Danelle...soon to be Cremer Couple Shoot at the Point, Mossel Bay
I shared the late Saturday afternoon with Hardus & Danelle at the Point in Mossel Bay. Stepping a little out of my norm and shooting more natural light than normal. We are super blessed in the Garden Route, we completed the shoot with such a variety of scenery in a space of +-500m.
Your special day is just around the corner and I am looking forward to sharing in the day!
"Marriage is....
Sharing life with your best friend,
enjoying the journey along the way and
arriving at the destination...together."
...
Quintin & Michelle - Couple Shoot, Kleinbrak
Wat `n voorreg om die aand met julle te kon spandeer! Dit het so rukkie geneem vir Quintin om te ontdooi voor die kamera, maar beslis nie sigbaar in julle foto's.
Volg die link om te gaan kyk na hulle troudag by Kleingeluk.
Theo & Susan - Couple Shoot in Mosselbaai
Theo & Susan kom al die pad van Bethlehem, in die Vrystaat, om by die see trou aan mekaar te kom beloof. Dis nog 2 dae van laaste beplanning en dan wag die groot dag vir hulle. Ons het gelukkig tyd gehad vir n vinnige Couple shoot voor die druppels begin val het. Die weer is wispelturig en ons glo dat ons Saterdag gesëend sal weer met n opening van die weer.
Barry & Elanie de Lange, Couple shoot in Mosselbaai
Al die pad van Klerksdorp het die twee duifies besluit om op die pragtige Gouritz, hulle huwelik te kom bevestig. Dis nie moeilik om te sien waar hulle liefde lê nie en selfs hulle brakkies kom deel in die groot dag! Ons het hulle tyd hier afgeskop met `n Couple shoot en hulle GROOT DAG is om die draai!
Hulle Troudag: https://pixbysteve.co.za/barry-elanie-de-lange-ons-troudag-by-eco-marine-lodge-venue-gouritz/
Trash the Dress Shoot:
Urban walkabout shoot met Janko & Tarina - Mosselbaai
Janko & Tarina se troudag is net om die draai en ons het so bietjie Mosselbaai se strate gaan platloop om van sy juwele vas te vang.
Een van die dae is dit Marius & Demi se groot dag by Kleingeluk net buite Hartenbos. Ons het die Couple Shoot so tussen `n gesels deur gedoen en die mooiste lig deur die bome gekry.
Voorspoed vir die laaste rëelings en ek sien uit na julle groot dag.
Ons moes al so paar shoots uitstel met die jaar se lente winde wat bitter laat gekom het en dit was tot ons voordeel! Ons het Frikkie en Maritsa se shoop vir VROEG oggend op die strand in Glentana beplan en die sonopkoms het `n onbeskryfbare agtergrond opgelewer. Een van die dae is dit troue tyd vir julle en met Frikkie se energie gaan dit `n FEES wees.
Gaan loer na hulle troudag HIER...
Ons moes gou draf vir so paar foto's met Yumar en Lounette voor die son agter die koppies verdwyn. Die sonstrale het gesorg vir pragtige rim lighing en ons het beslis die temeratuur voel val na die strale weg is!
Hier is nou vir jou n rustige paartjie wat hulle troue ten volle gaan geniet! Dit was my eerste indruk van Lounette en Yumar, hulle vat dinge rustig met hulle troue se rëelings, niks oordoen, niks is n effort nie...hulle vat dinge net soos dit kom.
Ons het die sononder net net gevang, maar hulle was uitstekend. Ek sien baie uit na julle groot dag en my eerste troue by die nuwe...
Ruan & Michelle's wedding is just around the corner and we could put some time together for a Sunrise Pre-Wedding shoot. It served it's purpose as camera shy Michelle was full of smiles and needless to say so was Ruan!
Na `n onlangse Wedding Workshop het ek en Lynelle Pienaar `n couple shoot gedoen om die nuwe tegnieke uit te toets. My fotografie styl is om met ligte te werk en ek het op die shoot 95% met natuurlike lig gewerk. Dit vereis `n ander denkwyse en daar is beslis minder beheer as wat ek met my ligte het, tog is die resultate pragtig en die skaduwees meer geheimsinnig of misterius...
Dankie vir julle gedult Marius & Meilssa en jou samerwerking Lynelle.