Ek is baie lief vir reis en elke nuwe roadtrip troue is bitter opwindend. Dis `n geleentheid vir `n nuwe omgewing, weersomstandighede, nuwe mense en hulle bied altyd `n nuwe vars "look" aan my foto's.
John & Ghrizinda se prag troue was by die skitterende Imperfect Perfection net buite Pretoria, Gauteng. Noleen en haar span was skitterend, hulle sit besonders baie tyd in die fyner detail en hulle venue het iets kreatief om elke hoek en draai. My gunsteling was die preekstoel wat uit `n kruiwa gemaak is...julle sal maar fyn moet kyk deur die foto's.
Ghrizinda is deeglik en net na ek by die venue...