Vreugde in oorvloed, liefde in oorvloed en toe val die rëen ook kliphard in die Klein Karoo. Mag julle huwelik net so gesëend wees soos die druppels oor die Karoo veld.
Hier is net so voorsmakie van julle spesiale dag...
Die Viljoene het dit al n tradisie gemaak om jaar na jaar n Familie Shoot te doen. Wat `n voorreg om die die wonderlike gesin te sien groei, gelukkig vir Kobus nie in hoeveelheid, maar ook ongelukkig in jare. Die bulle het moeilik begin, maar raak al gesout met die storie.
Dit was wonderlik om julle weer te sien en mag julle `n gesëende jaar geniet!
Die de Wet familie kom in Worcester bymekaar
Dis nie aldag dat die Oupa en Ouma hulle kuiekens onder een dak het nie. Martin en Tarien woon in Worcester, Jaco & Mari-Louise in Bethlehem en Oupa en Ouma in Senekal, so wanneer almal bymekaarkom is Oupa en Ouma in hulle noppies.
Die weer het ons nie veel van `n opening gegee nie, maar toe hy ons die oomblik gee het ons hom met albei hande gegryp!
Steven & Billy-Jean se Troudag by Oppie Plaas, Waboomskraal
Oppie Plaas het my vir lank ontduik...hulle is al jare oop en Dean Barnard het n goeie vriende geword...maar vir een of ander rede het ek net nog nooit n trou daar gaan afneem nie? Skielik het n doop daar ontduik, toe n troue en toe nog een en nou lyk dit my die ark is oop! Wat `n voorreg om Steven & Billy-Jean se spesiale dag daar te kon vasvang! Hulle het `n kleiner intieme troue gehad en ek trots om te sien hoe goed Dean en sy span die venue kon inrig en dit het nie vir een oomblik uit plek gelyk nie!
Ons het Billy-Jean...
Die "VUIL" Petherbridge gesin, in Herbertsdale
Die Petherbridge gesin is vol avonture en buitelig mense, gurige jagters, skiet vis en vars lug. dit was al lekker koel toe ons die shoot gedoen het en moes dit due in die middel van die dag doen...nie `n fotograaf se gunsteling tyd nie!
Hulle het gesorg vir n ABSOLUTE FEES van n tyd, net so bietjie ontdooi met die modder en toe gaan hulle GROOT! JC met so BOM en Jayden se cartoon move om die bad te weerstaan was onvervangbare oomblike!!!
Dankie julle, hierdie was sowaar my BESTE shoot OOIT!!!
Jodie se verjaardag by Middelplaas, Brandwagt
Jodie se verjaardag by Middelplaas, Brandwagt Jodie se verjaarsdag was n woelige plaas partytjie op vriende se plaas. Die pad na die plaas lei jou van Brandwagt deur die valleie met die mooiste uitsigte!
Die kinders was in die sewende hemel met die diere op die plaas, van ponies, hoenders, hase voer en selfs die skilpad is teen die glyplank af (darm nie regtig nie).
Baie geluk met jou verjaarsdag Jodie...darm niks so lekker soos kind wees!
Steyn Familie shoot - Surval Boutique Olive Estate, Oudtshoorn
Ek het so paar jaar terug die Strauss gesin afgeneem en die jaar het hulle iets vir die hele familie gerëel. Die brawes het die oggend die Meiringspoort Marathon gaan draf en die middag het ek gehelp om ontslae te raak van die melksuur.
Die kiddies moes bontstaan vir die duwweltjies, maar hoe kan jy nie daai gesiggies wil opvreet nie!
Young ones can often be a challenge to photograph as their daily routines change. When we as parents want the to be the perfect, that is the perfect opportunity to change and challenge us. Adriaan decided to have a snack and nap time...no play time today, but this is what we as parents should cherish...not that we do! WE SHOULD, every momenet is PERFECT and special!
I walked away from the shoot and already arranged another day to redo it, but got home, went through the images and it changed my idea of perfection. Our kids become our lives, they are what we eat, work & occasionally sleep...
So paar jaar terug het ek vir klein Lana afgeneem en vandag het ek die voorreg gehad om vir Thinus & Marita hulle Maternity Shoot te kon doen. Voorspoed vir die laaste paar weke, ek kan my nie voorstel hoe opgewonde julle is oor daai klein mannetjie se aankoms!