Jou troue moet ‘n feesviering wees van 2 persone wat verenig en die res van hul lewens saam as 1 leef. Riaan & Miscka het trou aan mekaar beloof by die sprokies Bygracelone op George en hulle behoefte was `n opregte fees…en dit het hulle in oorvloed behaal. Die manne het sports gehad van vroeg en die eerste ernstige uitdrukkig wat ek op Riaan se gesig gesien het, was net voor Miscka in die paadjie afgeloop het, dis waar die ware Jacob sy verskyning gemaak het.
Dankie vir al julle sports met die foto’s en daai Bloubul kousband sal nog lank onthou word!
Mag julle lewens saam net so fees bly en geniet elke oomblik van die pad saam.