Ek is baie lief vir reis en elke nuwe roadtrip troue is bitter opwindend. Dis `n geleentheid vir `n nuwe omgewing, weersomstandighede, nuwe mense en hulle bied altyd `n nuwe vars “look” aan my foto’s.
John & Ghrizinda se prag troue was by die skitterende Imperfect Perfection net buite Pretoria, Gauteng. Noleen en haar span was skitterend, hulle sit besonders baie tyd in die fyner detail en hulle venue het iets kreatief om elke hoek en draai. My gunsteling was die preekstoel wat uit `n kruiwa gemaak is…julle sal maar fyn moet kyk deur die foto’s.
Ghrizinda is deeglik en net na ek by die venue inry was my verwagtinge al OORTREF! Indien iemand my moes blindoek en neem na die venue sou ek sowaar nie kon raai dat ons net `n paar minute uit die stad is nie! Rëen op jou troudag is`n huwelik met `n spesiale sëen van God en julle het sowaar in Sy oë uitgeblink. Gelukkig daarvoor kon ons so paar spesiale shots onderdak kry en daar was genoeg tyd om Johan se handewerk aan Ghrizinda se rok te herstel… Asof God se sëen met rëen nie genoeg was nie het hy ons ook `n geleentheid gegee om so paar foto’s buite te kon neem net voor die donker ons kon inhaal. Dankie vir julle gedult met die omstandighede en uitdagings.
The perfect wedding, the perfect venue and the perfect couple…
‘n Fotograaf is een van die belangrikste aspekte van ‘n mens se troue, nie net in tegniek na maar ook in persoonlikheid, Steve het al ons verwagtinge oortref en nog meer… Ek dank die Vader vir ‘n ongelooflike fotograaf wat ons sprokiesdag so mooi vasgevang het……