Baie dankie vir die geleentheid om julle troudag te kon vasvang Dwen & Leon, julle was stil stil op die Couple Shoot…maar julle troudag was julle 100% op jul gemak, vol smiles en ek kon sien julle het ELKE oomblik geniet!
Dwen & Leon kom uit Kaapstad en het by die sprokies Bygracealone, op George, die knoop deurgehaak. Dwen is `n bestuurder `n hotel in die Kaap en haar bestuurs vernuf was duidelik sigbaar, sy het elke sy van sake onder beheer gehad en bekwame hande om alles vlot te laat veloop. Leon…wel Leon was net droom verlore, hy kon sy oë nie van Dwen af haal nie en het op die wolke gedryf.
George se nommerplate is CAW (Cold And Wet) en dit was ongelukkig een van daai 4 seisoene dae gewees vir Dwen & Leon. Dankie dat julle vasgebyt het in die ysige koue wind, ek glo julle sal saamstem dit was elke oomblik die moeite werd!