Arie en Annazel het besluit om die knoop deur te haak op Blomfontein, Cradock…dis `n lieflike plaas in die klowe van die Karoo. Lieflike mense met wild wat die hele area vol trek. Ongelukkig het die wind ons sommer al vroeg begin deurmekaar waai, maar ek dink nie eens die 2 duifies was bewus van die wind nie.
Die sports het al vroeg oggend begin en Annazel het op die wolke rondgetrippel en die dames wat mekaar sommer met die kussings ingevlieg het….oooh en daai verbode SELFIE STICK. `n Vinnige trippie na die manne om Arie se spesiale geskenk van Annazel te gaan afneem het nie veel meer as `n stout seuntjie se gesigsuitdrukking opgelewer nie! LOL!
Daar is darm min dinge so mooi soos die emosies van `n paartjie wat mekaar in die kerk sien, dis daai dinge wat net `n foto kan vasvang in jou gedagtes…en elke keer as hulle dit sien bring dit die emosies terug!
Dankie vir julle 2 se absolute vreude deur die dag en vir die voorreg om te kon deel in julle dag!